Reis Afrikaans Gee Engels Vietnam Banier 2

Engels gee in Viëtnam beloof om ‘n avontuur beide op persoonlike en professionele vlak te wees. Hierdie program plaas onderwysers in skole regoor die land. Stadsplasings laat toe vir ‘n meer geïntegreerde ervaring, met buitelanders en Viëtnamese wat in pragtige harmonie saamgesnoer word. Dorpsplasings (of ‘’village placements’’) laat toe vir ‘n meer outentieke Viëtnamese ervaring. Daar is nie ‘n reg of ‘n verkeerd nie … slegs persoonlike voorkeur en doelwitte. Met die aanvang van jou aansoekproses sal ons vennote by ESL Starter laat weet watter bestemmingsopsies tans beskikbaar is.

Regoor Viëtnam
Geen fooi
12 maande (hernubaar)
Deurlopend
Doen nou aansoek!

Voordele EN VERWAGTINGE

Salaris
Vaste maandelikse salaris van +/- 32,000,000 VND. Dis ongeveer R20 000 per maand. As jy ‘n ervare onderwyser is, sal dit waarskynlik effens meer wees. Onthou, lewenskoste in Viëtnam is heelwat laer as in Suid-Afrika.
Verblyf
Behuisingstoelaag word toegestaan.
Bonusse / oortyd
525,000 VND (+/- R340) oortyd per uur – toepaslik wanneer jou maksimum hoeveelheid klasure oorskry word. 10,750,000 VND vir voltooiing van 12-maande-kontrak
Betaalde vakansies
20 betaalde nasionale vakansiedae.
Voordele
Basiese Viëtnamese mediese versekering (jy moet egter ook ‘n maandelikse bydrae maak).
Buigsaamheid
Begin enige maand. Kontrakte is aanvanklik vir 12 maande met die opsie om dit daarna te hernu.
Stel jy belang?

Algemene VRAE

Meer oor die skoolnetwerk:

Hierdie program bedien ‘n laer- en middelskoolnetwerk in Viëtnam met 50+ sentrums in die land. Plasingsmoontlikhede sluit in Hanoi, Ho Chi Minh, Hai Phong, Thanh Hoa, Nghe An, Quang Ninh, Vinh Phuc, Bac Ninh, Thai Binh, Da Nang, Ninh Binh, Binh Duong, Ha Nam, Phu Tho, Hue, Lao Cai, Dong Nai en meer. Studente is gewoonlik tussen 15 en 18 jaar oud en volg die Suid-Koreaanse kurrikulum (word verskaf). Toegang tot nuutste onderwysgebaseerde tegnologiese hulpmiddels soos slimborde, e-hubs, ensovoorts word verskaf.

5 1
19 1
Wat kan ek van my klaskamer te verwagte wees?

Klasse bestaan gewoonlik uit 16 of minder studente. Daar is aanhoudende onderwyser- en lesplanondersteuning. Alle lesse word verskaf wat beteken jou klasvoorbereiding is minimaal en slegs op aanbieding gefokus. Waarskynlike rooster: Dinsdae- tot Sondae-aande of Saterdae-/ Sondagoggende en -middae. Jy het gewoonlik twee dae af per week (gewoonlik Maandag en een ander dag, afhangend van jou klasrooster). Let wel dat jou ‘’naweek’’ dus nie noodwendig oor Saterdag en Sondag of aaneenlopend gaan wees nie.

#Kitsfeit: Hoe gelukkig dat jy dalk vir ‘n tyd Vietnam huis sal kan noem

‘’Vietnam is die ideale bestemming vir mense wat na aan die natuur wil leef. My gunsteling stop was Cham Island. Hierdie eiland is bekend vir sy plastiekvrye beleid, deurskynende waters en vriendelike vissermanne.’’

Ammiël Smith, Reis Republiek

Vereistes EN KOSTE

MINIMUMVEREISTES OM IN VIËTNAM SKOOL TE GEE

  • ‘n Universiteitsgraad in enige rigting
  • TEFL-sertifikaat (ons kan daarmee help!)
  • Skoon kriminele rekord
  • Vlotheid in Engels
  • Goeie gesondheid – jy moet ‘n mediese toets ondergaan by aankoms in Viëtnam, soos vereis deur die Viëtnamese regering.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit. Ongelukkig sal aansoeke wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, nie opgevolg word nie.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), moontlike versending van dokumente na jou skool (R500-R800 vir DHL), R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Viëtnam toe. Dit word oor die algemeen later deur die skool terugbetaal.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R2 500 en R5 000 behoort voldoende te wees.

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), moontlike versending van dokumente na jou skool (R500-R800 vir DHL), R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Viëtnam toe. Dit word oor die algemeen later deur die skool terugbetaal.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R2 500 en R5 000 behoort voldoende te wees.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

Stel jy belang?