Reis Afrikaans Gee Engels Vietnam Ho Chi Minh Banier

Engels gee in Viëtnam beloof om ‘n avontuur beide op persoonlike en professionele vlak te wees. Hierdie program plaas onderwysers in skole in Ho Chi Minh-stad, bekend vir sy plaaslike sowel as internasionale gemeenskappe.

As jy ‘n spanspeler is en gretig is om ‘n verskil te maak in die lewens van Viëtnamese studente van alle ouderdomme (voorskools tot naskoolse plasings is moontlik), is hierdie program vir jou! Kom sluit aan by een van die mees snelgroeiende onderwysverskaffers in dié land met meer as 80 Engelse sentrums, twee internasionale skole, en ‘n samewerkingsooreenkoms met Macmillan en die Britse Raad vir Onderwys.

Ho Chi Minh
Geen fooi
9 maande (hernubaar)
Jul - Okt
Doen nou aansoek!

Voordele EN VERWAGTINGE

Salaris
Vaste maandelikse salaris van 23,200,000-34,800,000 VND. Dis ongeveer R15 000-R22 000 per maand. Onthou, lewenskoste in Viëtnam is heelwat laer as in Suid-Afrika.
Verblyf
Gemeubileerde verblyf of verblyftoelaag van 5,000,000 VND per maand. Dis ongeveer R3 200. Weereens, die koopkrag is veel meer!
Uitstekende ondersteuning
Bystand in aansoek om besigheidsvisa by aankoms, tydelike burgerskapskaart en finansiële bystand vir werkspermit. Opleidings- en ontwikkelingsprogramme om jou as onderwyser te help.
Betaalde vakansies
Tot en met 24 dae jaarlikse betaalde verlof. Tot en met nege dae betaalde siekteverlof per jaar.
Voordele
Gesondheidsversekering ingesluit. Viëtnamese SIM-kaart by aankoms. Jy word by aankoms by die lughawe afgehaal.
Vlugkoste
Afhangend van jou leersentrum en werkskontrak, mag vlugkoste terugbetaal word.
Stel jy belang?

Algemene VRAE

WAT KAN EK VAN DIE PROGRAM VERWAGTE WEES?

Ho Chi Minh is ‘n energieke stad met talle aantreklikhede en ‘n groot buitelandse gemeenskap, waar jy ‘n hoë lewenstandaard kan handhaaf én lekker kan spaar. Kontrakte begin in Julie, Augustus, September of Oktober en duur nege maande. Daarna is die kontrak hernubaar. Werk saam met ‘n internasionale span en verbreed jou vriendekring. Geniet ook die bystand van ‘n Viëtnamese bestuurspan. Jou klasse sal wissel tussen verskillende ouderdomme en vlakke van taalbemeestering. Dit beteken dat elke dag anders is!

4
18
IS VIETNAM REG VIR MY… EN IS EK REG VIR VIETNAM?

Die ideale kandidaat is aanpasbaar en gretig om ander kulture te beleef. Die kultuur in Vietnam is gemeenskapgebaseer en daarom is die reëls en regulasies waaronder die Vietnamese samelewing handel en optree oor die algemeen anders as dit waaraan ons in Suid-Afrika gewoond is. Dis egter geen rede tot kommer nie – solank as wat ‘n mens die ding oopkop en met die wil om meer van ‘n ander kultuur te leer, benader.

#Kitsfeit: Sit jou Vietnam-hoedjie op!

Sit jou Viëtnamhoedjie op! Lewenskostes in Viëtnam is baie laag in vergelyking met Suid-Afrika of Westerse lande. Op R15 000-R22 000 per maand kan jy dus ‘n uitstekende lewensgehalte handhaaf.

Vereistes EN KOSTE

MINIMUMVEREISTES OM IN HO CHI MINH SKOOL TE GEE:

  • ‘n Universiteitsgraad in enige rigting.
  • TEFL-sertifikaat.
  • Skoon kriminele rekord.
  • Vlotheid in Engels.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit. Ongelukkig sal aansoeke wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, nie opgevolg word nie.

Doen nou aansoek om in Julie, Augustus, September of Oktober te begin! Die aansoekproses duur gewoonlik tussen 1 en 4 maande.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), moontlike versending van dokumente na jou skool (R500-R800 vir DHL), R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Viëtnam toe. Dit word oor die algemeen later deur die skool terugbetaal.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R2 500 en R5 000 behoort voldoende te wees.
  • Ander kostes soos burgerskapskaart en mediese toetskostes, word gewoonlik van jou eerste salaris afgetrek en hoef dus nie vooraf voor begroot te word nie.