Reis Afrikaans Gee Engels Thailand Banier 4

Thailand, of ‘’The Land of Smiles’’ is ‘n onvergeetlike bestemming. Natuurryk, kultuurryk, goedkoop, en vriendelik kan meeste mense nie anders as om halsoorkop verlief te raak op hierdie pragtige land nie. Ontvang uitstekende onderwyser-ondersteuning by een van die handgekose skole in hierdie program, raak deel van plaaslike en internasionale gemeenskappe, en beleef egte Thai-kultuur in een van Asië se topbestemmings.

Regoor Thailand
Geen fooi
5 maande
Mei / Nov
Doen nou aansoek!

Voordele EN VERWAGTINGE

Salaris
Vaste maandelikse salaris van +/- 37 000 Baht per maand, afhangend van ervaring. Dit is ongeveer R16 000 per maand.
Verblyf
3000 Baht maandeliks vir behuising. Dis ongeveer R1 200, maar strek ver in Thailand!
Uitstekende ondersteuning
Volle begeleiding deur aansoek-proses.
Ervare span
Oriëntasie en werkswinkel in Bangkok. Akkommodasie ingesluit. Vol kurrikulum word verskaf. Toegang tot mentor-onderwysers.
Buigsaamheid
Anders as meeste ESL-geleenthede wat 12 maande lank is, is hierdie program slegs 5. Daar bestaan wel moontlikhede om te verleng.
Sekerheid
Hierdie program spog tans met 100% gewaarborgde-werksplasings. Hulp met visa en werkspermit.
Stel jy belang?

Algemene VRAE

Waarom hierdie program?

 

Geniet volle bystand van ‘n kundige plaaslike Thai-span van dag 1 af, insluitend visa-bystand voor en na vertrek. Ons is mal oor hierdie program veral omdat dit paartjies en vriende toelaat om saam aansoek te doen. Plasings is ook tans 100% gewaarborg – dis nie altyd die geval in Thailand nie. Jy sal waarskynlik skool hou vir persone van tussen 6 en 18 jaar oud. Hierdie program vereis dat onderwysers in Junie of Oktober in Thailand arriveer om in Julie of November te begin klas gee.

17
18
Waar gaan ek skool gee?

Terwyl ons plasingsvennote hul bes sal doen om jou bestemmingsvoorkeure te ontmoet, lê die finale besluite by die skole en sentrums. Alle skole en sentrums gaan deur ‘n indiepte goedkeuringsproses. Huidige bestemmings-moontlikhede sluit in Chaiyaphum, Khon kean, Korat, Buriram, Marasarakham, Udon Thani, Ubon Rachathani, Roiet, Sisaket, Sakon Nakhon, Nong khai, Mukdahan. Yashotorn. Kalasin, Amnat chareon, Phayao, Lampang, Phae, Sukothai, Uttraditt, Khampeng phet, Nakon nayok, Chonburi, Chumpon, Lopburi, Nakon prathom, Prachinburi, Samut Prakarn, en ander!

#Kitsfeit: Verwag die onverwagse…

‘’Om in Thailand te woon en werk kom met baie hoogtepunte én uitdagings. ‘n Mens moet leer om gemaklik te raak en die onverwagse te omarm. Planne, verantwoordelikhede, en skoolopset mag weer en weer verander. Maar, alles werk altyd uit. Jy sal so lief word vir die kinders, ongelooflike mense ontmoet, en pragtige plekke sien. Ek is so bly ek het gekom!’’

Iranda Erasmus, Engelsonderwyser (privaat), Thailand

Vereistes EN KOSTE

MINIMUMVEREISTES:

  1. ‘n Universiteitsgraad in enige rigting.
  2. TEFL-sertifikaat van minstens 100 ure (ons kan daarmee help!).
  3. Skoon kriminele rekord.
  4. Vlotheid in Engels.
  5. Goeie gesondheid – ‘n mediese toets mag vereis word deur jou skool.
  6. Jonger as 55 jaar (weens bepalings van Thai-regering en -skoolsisteem)

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit. Aansoeke wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, sal ongelukkig nie opgevolg word nie.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), R500-R800 vir die versending van DHL-dokumente Thailand toe (nie altyd vereis nie) en R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Thailand  toe. Daar is ‘n moontlikheid dat dit deur jou skool terug betaal kan word.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R3 000 en R5 000 behoort voldoende te wees.

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), R500-R800 vir die versending van DHL-dokumente Thailand toe (nie altyd vereis nie) en R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Thailand  toe. Daar is ‘n moontlikheid dat dit deur jou skool terug betaal kan word.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R3 000 en R5 000 behoort voldoende te wees.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

Stel jy belang?