Reis Afrikaans Gee Engels Korea Publiek Banier 1

Suid-Korea… Byna onmoontlik om in woorde te beskryf. ‘n Land ryk aan kontras: oorloë en onderdrukking, vryheid en beweging, vooruitgang … en tog,  diepgewortelde tradisie. Van die kos tot die kultuur, die modes tot die markte, beloof Korea om ‘n onvergeetlike ervaring te wees en is dit glad nie verbasend dat dié land een van die mees gewilde bestemmings is vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland wil Engels gee nie.  Die ideale keuse vir diegene wat op soek is na ‘n groot avontuur en terselfdertyd lekker geld wil spaar.

Voor jy verder lees … Die Koreaanse publieke skoolprogram (EPIK) verwelkom Suid-Afrikaners, maar slegs as jou medium van taalinstruksie minstens vanaf graad 7 af in Engels was. Indien jy jou hoërskoolloopbaan in Afrikaans voltooi het, doen eerder aansoek om by ‘n privaat instelling klas te gee, klik hier.

Regoor Korea
Geen fooi
12 maande (hernubaar)
Feb of Aug
Doen nou aansoek!

Voordele EN VERWAGTINGE

Salaris
Vaste maandelikse salaris van +/- 1.9-2.7 KRW, afhangend van ervaring. Dit is ongeveer R20 000-R30 000 per maand. KRW 1,300,000 (+/- R17 000) voltooiingsbonus na voltooiing van kontrak.
Verblyf
Gratis, gemeubileerde behuising of huurtoelaag. Hierdie keuse berus by die skool.
Ervare span
Agt dae lange oriëntasieprogram voor jy begin klasgee. Koreaanse mede-onderwyser in elke klaskamer.
Betalde vakansies
Drie weke lange betaalde verlof (8 dae in die somer, 10 dae in die winter, en 12 nasionale vakansiedae).
Voordele
Mediese versekering. Die Koreaanse gesondheidsorg is wêreldklas! Jy gaan wel ook vanuit jou salaris ‘n klein bydrae moet maak. Pensioen.
Vlugkoste
KRW 1,300,000 (+/- R17 000) aankomstoelaag om vlugkoste te dek. Let wel, dit word gewoonlik eers saam met jou eerste salaris terugbetaal. Voorafbetalings van vlugkoste is ongewoon.
Stel jy belang?

Algemene VRAE

Waarom die EPIK-program kies?

EPIK word onderskryf deur die Koreaanse regering. Dit is dus ‘n uiters stabiele program met duidelike riglyne en uitstekende ondersteuning. As deel van ‘n nasionale plasingsprogram, sal jy ook 100de ander Engelsonderwysers uit lande soos onder andere Noord-Amerika, Engeland en Ierland leer ken.

Gee Engels China Red and Blue Building
Gee Engels China Street
Waar en wanneer?

Plasingsmoontlikhede sluit in Busan, Chungbuk, Chungnam, Daegu, Daejeon, Gangwon, Gwangju, Gyeongbuk, Gyeongnam, Incheon, Jeju, Jeonbuk, Jeonnam, Seoul, Ulsan en meer. Nuwe onnies begin in Februarie of Augustus en moet dus einde Januarie of Julie in Korea aanmeld vir orientasie. Doen asseblief so vroeg moontlik aansoek – die EPIK- program word baie vinnig vol.

#Kitsfeit: Die kultuurverskille is die lekker én die sleg …

‘’Korea was ‘n groot kultuurskok! Vir ‘n goeie paar maande het ek nie geweet wat om my aangaan nie – maar dit was ook so lekker leerskool! Ek het beslis ‘n voller en meer volwasse mens huis toe gekom.’’

Lara Erasmus, Engelsonderwyser (privaat), Korea

Vereistes EN KOSTE

MINIMUMVEREISTES OM IN KOREA SKOOL TE GEE:

  • ‘n Universiteitsgraad in enige rigting.
  • TEFL-sertifikaat van minstens 100 ure (ons kan daarmee help!).
  • Skoon kriminele rekord.
  • Vlotheid in Engels en Engels as onderrigtaal op skool vanaf minstens graad 7.
  • Goeie gesondheid – jy moet ‘n mediese toets ondergaan by aankoms in Korea – soos deur die Koreaanse regering vereis.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit. Aansoeke wat nie aan die minimumvereistes voldoen nie, sal ongelukkig nie opgevolg word nie.

Begin in Februarie of Augustus. Doen asseblief so vroeg moontlik aansoek – die EPIK- program word baie vinnig vol. Vir deurlopende plasings in Korea, klik hier.

**Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), R500-R800 vir die versending van DHL-dokumente Korea toe en R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Suid-Korea toe, wat deur die skool terugbetaal word na die suksesvolle aflê van mediese toetse, soos vereis deur die Suid-Koreaanse regering. Gaan asseblief nuutste vlugkostes self na.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R7 000 en R8 000 behoort voldoende te wees. Skole betaal oor die algemeen binne die eerste week die vlugkaartjiekoste terug, in welke geval hierdie kontant dan as die eerste maand se wisselgeld kan dien.
  • Ander kostes soos ‘n ARC-kaart (jou identiteitsdokument in Korea) en mediese toetskostes, word tipies van jou eerste salaris afgetrek en hoef dus nie vooraf voor begroot te word nie.