As een van die wêreld se mees vooruitdenkende en kultureelryke lande, is dit geen wonder dat hierdie diverse en dinamiese bestemming ‘n topkeuse vir Suid-Afrikaanse ESL-onderwysers is nie. Van die kos tot die kultuur, die modes tot die markte, beloof Korea om ‘n onvergeetlike ervaring te wees. Boonop is dit een van die beste bestemmings as geldspaar, behalwe natuurlik nuwe en briljante ervarings, bo-aan jou lysie is!
Salaris
Verblyf
Dertiende salaristjek
Veilige land
Voordele
Vlugkoste
Stel jy belang?
Hoe lyk my werksdag?
Daar is twee standaardonderwysopsies. In die eerste opsie werk ‘n mens soggens en vroegmiddag met voorskoolse kinders van tussen 3 en 6 jaar oud en smiddae met ouer studente, tipies tussen 7 en 12 jaar oud. ‘n Mens se standaardwerksure vir hierdie opsie is 08:30 tot 17:30. Met opsie twee werk ‘n mens by ‘n naskoolse sentrum met laer-, middel- en hoërskoolleerders. Die werksdag begin tipies tussen 14:00-15:00 smiddae en eindig tussen 21:00-22:00 saans. Ons sal graag met jou gesels om te bepaal watter opsie jou die beste sal pas. Salarisse word nie bepaal deur opsie 1 of 2 nie, maar eerder deur werksondervinding en die skool.
Is Suid-Korea die regte keuse vir my?
Die ideale kandidaat is aanpasbaar en gretig om ander kulture te beleef. Die kultuur in Suid-Korea is gemeenskapgebaseer en daarom is die reëls en regulasies waaronder die Suid-Koreaanse samelewing handel en optree oor die algemeen anders as dit waaraan ons in Suid-Afrika gewoond is. Dis egter geen rede tot kommer nie – solank as wat ‘n mens die ding oopkop en met die wil om meer van ‘n ander kultuur te leer, benader.
#Kitsfeit: Dit gaan nie wees soos wat jy verwag nie …
‘’Korea is niks soos wat ek verwag he nie, maar dit het al my verwagtinge oortref.’’
– Vinette du Preez, Engelsonderwyser (privaat), Korea
MINIMUMVEREISTES OM IN KOREA SKOOL TE GEE:
- ‘n Tersiêre kwalifikasie in enige rigting.
- ‘n Skoon kriminele rekord, geverifieer deur die polisie.
- Bereidwilligheid en vermoë om ‘n 12-maande-kontrak te onderteken.
- Goeie gesondheid, soos bewys deur mediese toetse afgelê voor vertrek uit Suid-Afrika en met aankoms in Suid-Korea.
- ‘n TEFL-sertifisering is nie nodig nie, maar ons sal dit beslis aanbeveel! As jy nog nie een het nie, help ons jou graag om een te kry.
Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit.
Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!
KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:
- Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), R500-R800 vir die versending van DHL-dokumente Korea toe en R900-R1 500 ambassadekostes.
- Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie Suid-Korea toe, wat deur die skool terugbetaal word na die suksesvolle aflê van mediese toetse, soos vereis deur die Suid-Koreaanse regering. Gaan asseblief nuutste vlugkostes self na.
- Kontant vir die eerste maand: Tussen R7 000 en R8 000 is meer as voldoende. Skole betaal oor die algemeen binne die eerste week die vlugkaartjiekoste terug, in welke geval hierdie kontant dan as die eerste maand se wisselgeld kan dien.
- Ander kostes soos ‘n ARC-kaart (jou identiteitsdokument in Korea) en mediese toetskostes, word tipies van jou eerste salaris afgetrek en hoef dus nie vooraf voor begroot te word nie.