Reis Afrikaans Gee Engels China Banier 2

As een van die wêreld se mees vooruitdenkende en kultureelryke lande, is dit geen wonder dat hierdie diverse en dinamiese bestemming ‘n topkeuse vir Suid-Afrikaanse ESL-onderwysers is nie. Verbreed jou horisonne, verdien ‘n mededingende salaris en geniet werklike moontlikhede tot loopbaanvooruitgang in dié land se onderwyssisteem. China word ook gereeld gekies deur diegene wat graag wil spaar, belê, of hulle skuld wil afbetaal terwyl hulle die geleentheid om in die buiteland te woon en werk, geniet.

Regoor China
Geen fooi
12 maande (hernubaar)
Deurlopend
Doen nou aansoek!

Voordele EN VERWAGTINGE

Salaris
Verdien ‘n mededingende salaris van tussen 10 000 en 16 000 Chinese yuan. Dit is +/- R23 000 - R37 000 per maand. Jou salaris sal afhang van jou ervaring sowel as die leersentrum.
Verblyf
Verblyf of ‘n verblyftoelaag is ingesluit. Dit skep ruim geleentheid vir spaar, belê, of avonture!
Ervare Span
Werk saam met ‘n ervare span. Volledige opleiding en ondersteuning, sowel as ruim geleentheid vir loopbaanbevordering is deel van die pakket.
Betaalde vakansies
Betaalde vakansies – 11 nasionaal en 10 privaat.
Voordele
Geniet voordele soos gratis versekering en gesubsidieerde gesondheidsorg.
Vlugkoste
Vlugkoste word terugbetaal.
Stel jy belang?

Algemene VRAE

Wat kan ek verwag van ‘n tipiese werksweek?

Ons is gaande oor hierdie program omdat dit aanpasbaar is. Kies tussen ‘n werksweek van 23 ure (vier dae per week) of 28 ure (vyf dae per week). Die werksweek van 23 ure behels drie afdae elke week, wat ruim geleentheid bied om jou stad te verken, Mandaryns aan te leer, of te reis. Die werksweek van 28 ure laat toe vir meer klasure en ‘n verhoogde salaris. Oor die algemeen, kan jy verwag om met studente van tussen 3 jaar en 18 jaar te werk. Jy gaan veral fokus op praat- en luistervaardighede. Volle ondersteuning, kurrikulum, leiding vir lesplanne en opleiding word deur die leersentrum gebied. In China is leersentrums gereeld oop op Saterdae en Sondae. Jou naweek mag dus in die week val.

Gee Engels China children playing
Gee Engels China child between flowers
Is China reg vir my… en is ek reg vir China?

Die ideale kandidaat is aanpasbaar en gretig om ander kulture te beleef. Die kultuur in China is gemeenskapgebaseer en daarom is die reëls en regulasies waaronder die Chinese samelewing handel en optree oor die algemeen anders as dit waaraan ons in Suid-Afrika gewoond is. Dis egter geen rede tot kommer nie – solank as wat ‘n mens die ding oopkop en met die wil om meer van ‘n ander kultuur te leer, benader.

#Kitsfeit: Beter om te weet voor jy jou vlerke sprei…

‘’My skoolure is van so ‘n aard dat my afdae gewoonlik op Maandae en Dinsdae is. Aanvanklik was dit vir my moeilik omdat ek dus nie oor die naweke altyd sosiale byeenkomste kon bywoon om nuwe vriende te maak nie. Maar, mettertyd pluis mens dit ook uit!’’

Armand van den Bergh, Engelsonderwyser, China

Vereistes EN KOSTE

MINIMUMVEREISTES OM IN CHINA SKOOL TE GEE:

  • ‘n Universiteitsgraad in enige rigting.
  • ‘n Geldige paspoort.
  • ‘n 120-uur lange TEFL-kwalifikasie.
  • Vlotheid in Engels.
  • Gewilligheid en vermoë om ‘n 12-maande-kontrak te onderteken.
  • Goeie gesondheid, soos bewys deur mediese toetse voor vertrek uit Suid-Afrika sowel as by aankoms in China.
  • Geen skoolgee-ervaring is nodig nie.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans aan die minimumvereistes voldoen nie, moet asseblief nie aansoek doen of navrae deurstuur nie. Persone wat tans in hul finale jaar van hul universiteitsgraad is, is wel welkom om die proses aan die gang te sit. Aansoeke wat nie tans aan die minumumvereistes voldoen nie, sal ongelukkig nie opgevolg word nie.

Ons weet jy is gretig om jou vlerke te sprei en jou horisonne te verbreed, maar as jy nie tans hierdie kostes kan dek nie, moet asseblief nie nou aansoek doen nie. Nog ‘n paar maande se spaar … en siedaar!

KOSTES EN BEGROTING VOOR EN VIR JOU VERTREK:

  • Minimum R150.00 vir jou polisieklaring (duurder as ‘n maatskappy dit vir jou doen), R500-R800 vir die versending van DHL-dokumente China toe en R900-R1 500 ambassadekostes.
  • Tussen R7 500 en R8 000 vir ‘n eenrigtingkaartjie China toe, wat deur die skool terugbetaal word na die suksesvolle aflê van mediese toetse soos vereis deur die Chinese regering. Gaan asseblief nuutste vlugkostes self na.
  • Kontant vir die eerste maand: Tussen R7 000 en R8 000 behoort voldoende te wees. Skole betaal oor die algemeen binne die eerste week die vlugkaartjiekoste terug, in welke geval hierdie kontant dan as die eerste maand se wisselgeld kan dien.
  • Ander kostes soos tydelike burgerskapskaart en mediese toetskostes, word tipies van jou eerste salaris afgetrek en hoef dus nie vooraf voor begroot te word nie.