Skip to content
Reis Afrikaans
Primêr ‘n platform vir die deel van reis-idees, foto’s, en moontlikhede, kan ons jou ook help met Teach English-plasings in ‘n verskeidenheid lande.
Reis AfrikaansReis Afrikaans
  • Tuis
  • Gee Engels
    • Hou skool in China: Verskeidenheid bestemmings
    • Hou skool in Korea: Privaatskole en -sentrums
    • Hou skool in Korea: Publieke skole
    • Hou skool in Thailand
    • Hou skool in Viëtnam: Verskeidenheid bestemmings
  • ESL-Sertifikasie
  • Fotoreise
  • Reis Idees
  • Reis Republiek
  • Kontak Ons
Facebook page opens in new windowInstagram page opens in new windowWhatsapp page opens in new windowMail page opens in new window
Search:
  • Tuis
  • Gee Engels
    • Hou skool in China: Verskeidenheid bestemmings
    • Hou skool in Korea: Privaatskole en -sentrums
    • Hou skool in Korea: Publieke skole
    • Hou skool in Thailand
    • Hou skool in Viëtnam: Verskeidenheid bestemmings
  • ESL-Sertifikasie
  • Fotoreise
  • Reis Idees
  • Reis Republiek
  • Kontak Ons
Reis Afrikaans Foto Reise Banier

Volg ons op Instagram. Merk jou reisfoto’s met die hutsmerk #reisafrikaans om op die blad te verskyn. Nodige erkenning word altyd gegee.

reisafrikaans

reisafrikaans
#ReisRepubliek | Jolene Die Republiek van Afrika #ReisRepubliek | Jolene Die Republiek van Afrikaanse reisigers is ‘n passievolle groep mense wat allerhande interessante doene-en-dinge hul werklikheid maak ... As voormalige lugwaardin, is Jolene bevoorreg om al tientalle lande op byna al die kontinente te kon besoek. Sy is passievol oor nuwe en vreemde disse, dinge, en mense ... en glo dat jy iets by almal kan leer. Op tuisbodem is sy ‘n onderwyseres. Sy is ook Mamma vir ‘n pragtige babadogtertjie. Haar gunstelinglande is Georgia, Bosnië, Indonesië, Frankryk, en Amerika. Jolene is ook die mede-stigter van Reis Afrikaans. Kranige reisiger in die binne- of buiteland? Word deel van die Reis Republiek deur jou inligting en passies te deel by info@reisafrikaans.com. Ons sal daarna die nodige proses in werking stel. Jy kan ook die res van die Reis Republiek beter leer ken op ons webtuiste. #reisafrikaans
Die diversiteit van die Otter-staproete is soos on Die diversiteit van die Otter-staproete is soos ons liefde vir Suid-Afrika: oneindig. Hou die blad dop vir wenke en gedagtes rakende hierdie gewilde staproete. #reisafrikaans🤳: Peter Roux
Elke hond kry sy dag ... Loma Beach in Thailand is Elke hond kry sy dag ... Loma Beach in Thailand is minder bekend onder toeriste en bied ń blik op dié land se ongerepte natuur. ń Moet-besoek! 💛#Reisrepubliek en fotokrediet: @iranda_race #reisafrikaans
#ReisRepubliek | Lara Die Republiek van Afrikaans #ReisRepubliek | LaraDie Republiek van Afrikaanse reisigers is ‘n passievolle groep mense wat allerhande interessante doene-en-dinge hul werklikheid maak ... Vir Lara is reis sinoniem met mense, perspektiewe-verbreed, nuwe disse eet en maak, en dinge ontdek wat ‘n mens nooit eers kon droom bestaan nie. Sy het ervaring as Engelse-onderwyser in Argentinië en Korea, somerkamp-ervaring in Argentinië, en het ook gasvryheidswerk in Frankryk gedoen. Wanneer Lara nie reis nie, is sy ‘n inhoudsontwikkelaar vir ‘n bemarkingsagentskap hier in Suid-Afrika en ook die inhoudsredakteur van Afrikaans.com. Haar gunstelinglande is Suid-Afrika, Indonesië, Tanzanië, Argentinië, en Frankryk. Lara is ook die mede-stigter van Reis Afrikaans. Kranige reisiger in die binne- of buiteland? Word deel van die Reis Republiek deur jou inligting en passies te deel by info@reisafrikaans.com. Ons sal daarna die nodige proses in werking stel. #reisafrikaans
#ReisPlaaslik | Soweto Soweto is een van die mees #ReisPlaaslik | Soweto Soweto is een van die mees gewilde Suid-Afrikaanse bestemmings onder buitelanders … waarom dan nie ook vir ons in die binneland nie? Hiermee van ons gunsteling doene-en-dinge in en om die gebied. 1. Staptoere, fietstoere, of tuk-tuk-avonture. Verken die lewendige strate van Soweto saam met die locals deur voet tot pedaal of pad te lê. Hiervoor is ons gungsteling-verskaffer Lebo’s Soweto. Alle Covid-19-maatreëls is in plek. 2. Gee terug ... Die gerigistreerde NGO Lifting Dreams Soweto bedryf elke Saterdag ‘n tutorprogram by een van die plaaslike laerskole. Soveel as 400 leerders tussen 6 en 18 jaar daag elke week op. Geen vorige onderwyservaring is nodig nie. Die program is uitstekend organiseer ... een van daai waar ‘n mens soveel ryker terug kom as wat jy gegaan het. 3. Geen lysie sal volmaak wees sonder die immergewilde Soweto-torings nie. Maak ‘n draai en spring van bo af by die toring of van binne na die silo ... as jy braaf is. ‘n Heerlike vibe en yskoue bier wag onder. 4. Besoek Vilakazi-straat waar beide tata Madiba en Desmond Tutu baie jare deur gebring het. Daar is ‘n aantal interessante museums wat meer vertel oor die belang en geskiedenis van hierdie gebied. Heerlike chesa nyama is ook by die restaurante beskikbaar ... pryse is egter vir toeriste en die chesa nyama in die omliggende strate is net so lekker en veel goedkoper. Weet jy van nog lekker doene en dinge in Soweto? Vertel ons hieronder of stuur ‘n epos aan info@reisafrikaans.com. #reisafrikaans
Ons is terug ... met 'n splinternuwe webtuiste. 😆😁 Klik deur in ons profiel en verken saam! #reisafrikaans
#Reislys | Grot van die Ysreuse, Salzburg Eisrie #Reislys | Grot van die Ysreuse, Salzburg Eisriensenwelt of ‘’World of the Ice Giants’’ ,soos dit in die spreekmond bekendstaan, is die grootste ysgrotte ter wêreld en is 1879 ontdek. ‘n Wonderwerk van natuurskoon, is dié grot ook uitstekend toegerus vir verkenning met verskeie loopbrûe sowel as daaglikse kabelkartoere. Jou kluitklaplysie werd? Nie eers ‘n vraag nie! #reisafrikaans
Instagram post 17908122496845012 Instagram post 17908122496845012
K R A B I | Thailand ń Paradys van paadjies in el K R A B I | Thailandń Paradys van paadjies in elke denkbare skakering van groen. #reisafrikaans
#Reiswenke: Tuinroete (deel 1) Internasionale re #Reiswenke: Tuinroete (deel 1) Internasionale reise is dalk beperk ... maar ons eie land bly die mooiste! Hier volg van ons gunsteling-besienswaardighede op die tuinroete.- The Heads, Knysna. Besoek gerus die uitkykpunt wat ʼn 180-grade uitkyk bied. Maak ook ‘n draai by The Pearl-koffiewinkel vir ‘n boeretroos ervaring met ‘n uitsig soos min! - Map of Africa, Wildernis. Met die Kaaimansrivier wat die berghange soen, vorm dit ons geliefde Afrika-kontinent. ‘n Moet-besoek vir alle Suid-Afrikaners! - Laat wiel na die energieke kusdorp van Stilbaai. Elke hoek en draai spog met koffiekroeë  en interessante winkels. Onder ons gunstelinge was die Kleinbergskloof Olyfplaas, ‘n klipgooi buite die dorp. Teen net R65 is hul proeborde ‘n moet! Avontuurlustig in die binne- of buiteland? Stuur jou foto's en wenke aan +27 82 318 8737 of merk ons op sosiale media! #reisafrikaans
Februarie 2021 C A Y M A N E I L A N D E Die e Februarie 2021 C A Y M A N E I L A N D E Die enigste ding wat gereeld mooier is as nuwe lande, is dit wat onder die oppervlak wag. 👌👏🏻 #reisafrikaans
Vat vlerk ... waarheen is die eerste bestemming wa Vat vlerk ... waarheen is die eerste bestemming waartoe jy graag wil reis wanneer dinge weer meer normaal is? Besoek ons webtuiste vir inspirasie en idees! #reisafrikaans
Watter onderskrif sal jy vir dié foto gee?🕺😉 🤳: @ammielsmith
Rustig ... as jy fiks genoeg is! 😉 Internasiona Rustig ... as jy fiks genoeg is! 😉 Internasionale reise is dalk vermoeilik op die oomblik, tog bied ons eie land soveel lekkertes en geleenthede. Wat is van jou gunstelingplekke in Suid-Afrika? Vertel ons hieronder! 💃⬇ #reisafrikaans
#Reiswenke Dubrovnik, Kroasië 🇭🇷Dubrovnik #Reiswenke  Dubrovnik, Kroasië🇭🇷Dubrovnik voel meer soos filmstel as woonbuurt ... Daarom is ‘n draai deur die sjarmante straatjies van die oubuurt beslis jou tyd werd. Ons is ook groot aanhangers van gratis of betaalde ‘’City Walking Tours’’ om die hart en geskiedenis van ‘n plek beter te verstaan. 🇭🇷Steeds in die oubuurt, het jy teen hierdie tyd besef dat die dorp deur ‘n massiewe stadsmuur omring word ... Die mure is in die 13de eeu as militêre beskerming gebou en bied ‘n unieke uitkyk oor die stad en oseaan. Beslis die kaartjieprys werd. Game of Thrones aanhangers sal boonop die mure herken as Kings Landing. 🇭🇷Lê ‘n dagbesoek af aan die Lokrumeilande ... Aanvanklik afgesonder as Benediktynse klooster, lui die legende dat dié eiland vervloek is vir enigeen wat dit vir sy eie plesier probeer oorwin. Hierdie legende het ontstaan namate ‘n Franse besigheidsman glo in die 13de eeu die monnike se bewoning en gebruik van die eiland gestaak het. Inderdaad het daar al sedertdien baie vreemde gebeure hier plaasgevind ... ‘n Insiggewende besoek vir geskiedenis en argitektuurliefhebbers! 🇭🇷Met sy pragtige argitektuur en ryk geskiedenis, was ons gunstelingdeel van Dubrovnik tog dit wat al die heel langste daar is – Moeder Natuur. Bespreek ‘n snorkel en roeitoer en maak jou voete nat! 🇭🇷Weer terug op die land, is ‘n luilekker strandag (of dae!) onmisbaar ... Hiervoor was ons gaande oor ‘n ongekende strandjie wat per toeval (eintlik per ongeluk) ontdek is. Banje en Sveti Jakov is ook egter wenners!Avontuurlustig in die binne- of buiteland? Stuur jou foto's en wenke aan +27 82 318 8737 of merk ons op sosiale media! #reisafrikaans
#ReisMense ‘’Ek dink jy gaan hartseer wees as #ReisMense ‘’Ek dink jy gaan hartseer wees as jy die storie hoor,’’ Dis Ammiël. Hy is pas terug uit Egipte. ‘n Rits foto’s stroom op WhatsApp in en ek kan nie help om oor hierdie een te vra nie. ‘n Onderwyser op tuisbodem hier in Suid-Afrika, is sy liefde vir en belangstelling in jong mense iets wat ek geweldig bewonder. Sy naam is Mustafa. Hy is 11 jaar oud en werk al. Op sy rug dra hy ‘n spyskaart ... op sy skouers die wêreld. Tog, weet hy dit nie. Of, is dit net uit ons perspektief dat dit onregverdig lyk? Op Elephantine-eiland stap hy rond ... gretig om toeriste te vind om met sy tee en broodjies te bederf. Dis ook by hulle dat hy leer Engels praat. In sy stam, die een bekend as die Nubian Village, leer die mans reeds vroeg vir die seuns om te werk – dis al manier van oorlewing. Hulle is bekend as vissermanne of Felucca-drywers - dit nou die bootjies waarop toeriste die Nylrivier in afvaar. Trots. Sterk. Gelukkig. ‘’Ek kyk eintlik op na hom,’’ las Ammiël by. En hoe kan ‘n mens dan nie. Foto en verhaal: Ammiël Smith. #reisafrikaans
#ReisRepubliek | Danksy haar werk op ‘n plesierb #ReisRepubliek | Danksy haar werk op ‘n plesierboot, strek Chanté se reise oor waters en kontinente! Aan wal deel sy uit haar avonture in menigte dorpies op die Amerikaanse kus soos New Orleans, Miami en Seattle. Sy het al weke in Alaska deurgebring, deur die Panema Kanaal gereis, Mexico verken en vele idilliese eilande besoek waarvan die bestaan aan baie mense onbekend is. Sy het ook al gedraai in Duitsland, Rusland, Estonië en Denemarke. As reisiger deel sy nie net haar avonture met ons nie ... maar vertel jou hoe jy ook deur skeepswerk nuwe wêrelde kan verken. Welkom by die Republiek van Afrikaanse Reisigers, Chanté Visser! Vir meer oor die Republiek of om deel te word, besoek ons webtuiste.
Die wêreld is net so mooi soos die mense wat dit Die wêreld is net so mooi soos die mense wat dit versier. Mag jou Kersdag gekenmerk word deur lig, liefde en vrede. Geseënde Kersfees aan ons mede-reisigers. 🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄🎄 Foto: Jan-Hendrik Swiegers
#VideoReise I Kom stap saam deur Brussel! Het jy a #VideoReise I Kom stap saam deur Brussel! Het jy al België besoek? Of wil jy graag in die toekoms? Hou die blad dop vir wenke en interessanthede! Vol lengte video op Facebook beskikbaar. 👏🇧🇪🌍
#ReisRepubliek |Leon se wêreldreise is bont en he #ReisRepubliek |Leon se wêreldreise is bont en heerlik breed… In Busan, Suid-Korea, het hy vir drie jaar as Engelse onderwyser gewoeker en werkskaf. Daarna het hy die oseane vol gerits as werker op seiljagte tussen die Mediterreense see en die Caribbean... en nou, is hy in China! Leon is kundig op Cuba, die Bahamas, Busan en breër Asië. Hy is ‘n lekker grapjas en adviseer graag oor sy plekke en velde van kennis. Welkom by die Republiek van Afrikaanse Reisigers, @leonrudolf! Vir meer, besoek reisafrikaans.com. #reisafrikaans #travel #cuba
Sien meer... Volg ons op Instagram

 

Reis Afrikaans
2023 Reis Afrikaans © | Alle Regte Voorbehou

Privaatheidsbeleid

Go to Top
Ons gebruik koekies om ons webwerf behoorlik te laat werk en om verkeer te ontleed. .
Koekie instellingsAanvaar alle koekies
Manage consent

Privacy Overview

This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary
Always Enabled
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. These cookies ensure basic functionalities and security features of the website, anonymously.
CookieDurationDescription
cookielawinfo-checkbox-analytics11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics".
cookielawinfo-checkbox-functional11 monthsThe cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional".
cookielawinfo-checkbox-necessary11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary".
cookielawinfo-checkbox-others11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other.
cookielawinfo-checkbox-performance11 monthsThis cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance".
viewed_cookie_policy11 monthsThe cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data.
Functional
Functional cookies help to perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collect feedbacks, and other third-party features.
Performance
Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.
Analytics
Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.
Advertisement
Advertisement cookies are used to provide visitors with relevant ads and marketing campaigns. These cookies track visitors across websites and collect information to provide customized ads.
Others
Other uncategorized cookies are those that are being analyzed and have not been classified into a category as yet.
SAVE & ACCEPT