‘’Om in Thailand te woon en werk kom met baie hoogtepunte én uitdagings. ‘n Mens moet leer om gemaklik te raak en die onverwagse te omarm. Planne, verantwoordelikhede, en skoolopset mag weer en weer verander. Maar, alles werk altyd uit. Jy sal so lief word vir die kinders, ongelooflike mense ontmoet, en pragtige plekke sien. Ek is so bly ek het gekom!’’
Iranda Erasmus, Engelsonderwyser (privaat), Thailand
‘’Daar’s baie maniere om te reis, in ‘n vliegtuig, of in ‘n boek, op ‘n boot of in jou verbeelding, en natuurlik ook deur jou hart. Ek hoop jy vind die manier wat vir jou die beste werk.’’
Marita van der Vyver, bekende skrywer
‘’Korea is niks soos wat ek verwag het nie, maar dit het al my verwagtinge oortref.’’
Vinette du Preez, Engelsonderwyser (privaat), Korea
“Ek sit stil en wonder oor die afgelope paar maande. Ek kyk terug en onthou een spesifieke aand wat ek myself gedwing het om alleen by ‘n restaurant te gaan eet, sodat ek weet hoe dit voel om alleen te wees. Min het ek geweet dat ‘n lewe van reis die teenoorgestelde is en bevind ek myself op ‘n roeiboot saam met ‘n Turkse meisie wat ek sopas ontmoet het.”
Jolene Potgieter, Reis Republiek
“Soms bevind jy jouself in die middel van nêrens, en soms in die middel van nêrens vind jy jouself.”
Anoniem