Die Europese kus is so bont soos Afrikaans self. Elke kusbestemmings bied ‘n unieke en onmisbare ervaring aan sy besoekers. Tog deel hierdie dorpe sekere kenmerke, en moet die volgende drie aktiwiteite nie misgeloop word nie.
1. Huur ‘n fiets om die omliggende dorpies, sowel as jou tydelike tuisdorp, met trap en ketting te verken. Europa spog alom met fietsbane, en groot sowel as kleiner bestemmings is binne maklike bereik. Voldagfietshuur wissel oor die algemeen tussen 16-30 euro, afhangend van jou voorkeure. Hierby ingesluit is ‘n slot en ‘n fietswielpomp.
2. Maak jouself tuis by een van die honderde straatkafees rondom die hawe of strand. Sit, kyk, waardeer en observeer. Koste? 1.30€ vir ‘n koppie koffie – dus ook beskostigbaar in Zuma euros.
3. Neem ‘n bootrit. Op hierdie manier, besigtig jy die dorp vanuit die hawe, eerder as die hawe vanuit die dorp. Hierdie ritte is heerlik luilekker, dog informatief. Spits jou ore vir familie- en studentepakkette. Kostes wissel tussen 12.50€ en 30€ vir ‘n halfdagvaart.
Geniet dit!